Boodskap vir Vandag

Search

‘n Engel in die nag

Ek, die Here, stuur ‘n engel voor jou uit om jou op die pad te beskerm en jou na die plek toe te bring wat Ek vir jou reg gemaak het (Exodus 23:20).

Onlangs raak ‘n Belgiese vriendin van ons wat Kaapstad vir ‘n konferensie besoek het, erg siek in ‘n gastehuis.

Die siekte dwing haar om uiteindelik haar terugvlug uit te stel en ‘n week langer in Suid-Afrika te vertoef.

Dit is glad nie lekker nie. Sy verlang na haar bekommerde man en hulle kinders wat moeilik verstaan waarom hulle ma nie terugkeer nie. Boonop tap die abnormale Kaapse hitte haar energie en beproef haar geduld.

Tog is daar ook ligpunte, diep, positiewe indrukke wat die spanning verlig en wat sy altyd sal onthou. Soos die vrou van die versekering wat haar tydens die nag van haar siekte telefonies bygestaan en getroos het.

“Haar naam was Patience”, so vertel ons vriendin later. “En getrou aan haar naam het sy my kalm en met groot geduld bly troos: ‘Ek is hier die hele nag. Bly praat met my. Bel my enige tyd as jy so voel. Sê as jy ‘n dokter benodig’. Sy was regtig soos ‘n engel in die nag van my ellende.”

Ons vriendin se storie is ‘n tydige herinnering. Van hoe, te midde van ons grootste krisisse, daar tog altyd mense is, goeie en geduldige mense wat, soos engele in die nag, bereid is om by ons te staan. Ons ook te help as die donkerte toeslaan.

Ons moet net ‘n slag rondom ons kyk en vrá! Of selfs die telefoon opneem en bel.

Dankie Here vir mense wat U op ons pad stuur om vir ons soos engele te sorg. Amen

Carel Anthonissen

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.