Boodskap vir Vandag

Search

So ‘n oefening is nooit sleg nie

Oefen jou liewer om in toewyding aan God te leef (1 Timoteus 4:7).

In die boek “Hoe ek myself verander het”, skryf die bekende geestelike, Jorg Zink, interessant oor sekere betekenisvolle veranderinge in sy lewe.

Hy noem nie minder nie as ses aspekte van sy lewe waarin hy tog, so hoop hy, kan praat van ‘n sinvolle verandering.

So noem hy byvoorbeeld dat hy voorheen ‘n baie ongeduldige mens was by wie daar genadiglik oor die jare meer geduld gegroei het. Of dat hy ‘n alleenloper was wat mettertyd die onmisbare rol en bydrae van ander, en spesifiek die waarde van spesiale vriendskappe, leer ken en waardeer het.

Of dat hy ‘n akademikus was met die pretensie dat hy alles van die teologie kan weet. Terwyl hy nou besef daar is maar ‘n deel van die waarheid aan hom toevertrou. En dat ‘n bietjie beskeidenheid geen skande is nie.

Luister ‘n mens na Zink, dwing dit jou amper om ook te vra: “Waar in my lewe benodig ek ook verandering, daardie aanpassinge of verskuiwinge wat nodig is om van my ‘n meer volwasse, liefdevolle en bruikbare mens te maak?”

So ‘n oefening is nooit sleg nie.

Here, gee ons vandag die moed om ons eie lewe eerlik in oënskou voor U te neem sodat ons sal weet waar ons moet verander. Amen

Carel Anthonissen

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.