Boodskap vir Vandag

Search

Om op te staan vir die goeie

Maar Hy sê vir hulle: “Gaan sê vir daardie jakkals: ‘Kyk, vandag en môre dryf Ek nog duiwels uit en maak Ek mense gesond, maar op die derde dag sal Ek my werk klaar maak'” (Lukas 13:32).

‘n Mens hoef nie té ver te soek om te sien dat daar ook ‘n tweede seldsame gebeure in die verhaal van Lukas 13:31-35 is nie.

Dit is dat Jesus buitengewoon kras teenoor die grote Herodes optree. Hy noem hom naamlik ‘n jakkals, wat natuurlik die baie slegte assosiasie van ‘n skelm of ‘n slu mens oproep.

Waarom ‘n simpatieke persoon soos Jesus dít gesê het, word heelwat oor gespekuleer.

Neem ons Jesus se verdere woorde in ag, is dit duidelik dat sy uitspraak oor Herodes uit ‘n diepe sekerheid opgekom het, ‘n duidelike wete van wat Hy in hierdie kritieke uur van sy lewe moes doen.

Dit was om vir oulaas teen die Bose op te staan en dit te ontmasker vir wat dit is. En dit terwille van die goeie, sodat siek mense gesond en verdruktes weer vry kon word.

Is dit dan nie hoe Jesus sy roeping in Luk 13:32 beskryf nie? En is dit nie waarom Hy Herodes summier ‘n jakkals noem nie? Nie om allereers die man persoonlik te beledig nie, maar om die onheilige werk van die owerheid of sisteem waarvan hy die hoof was aan die kaak te stel. En só in die bres te tree vir hulle wat ly en swaarkry.

En wie Jesus eg volg – dít moet ons onthou – sal altyd gedring voel om te alle tye met dieselfde sekerheid en selfvertroue op te staan vir wat reg en goed is.

Selfs al beteken dit dat jy die Bose op sy naam noem en uit sy gate begin dryf.

Here, gee ons vandag weer die moed om sonder skroom op te staan vir wat goed en reg is. Amen

Carel Anthonissen

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.