Boodskap vir Vandag

Search

Dit gaan om verhoudinge

Die twaalf was saam met Hom en daarby ‘n aantal vroue wat van bose geeste en siektes genees was (Lukas 8:1-2).

Jesus se lewe en bediening hou ons daarvan bewus dat dit in die lewe om liefdevolle verhoudinge en betekenisvolle ontmoetings gaan.

En dat ons waaksaam moet wees om ons lewe hoofsaaklik deur die selfgerigte etos en belange van ons samelewing of van groot sisteme te laat bepaal. Soos onder andere om ten alle koste bó te wil uitkom, baie geld te maak, jou maatskappy of party se beleid blindelings na te volg en te dien.

Dit is bekend dat iemand soos die Russiese leier van vroeër, Josef Stalin – en hy is een van baie – openlik verklaar het dat die Kommunistiese party sy lewe is. En dat persoonlike verhoudinge en selfs die familielewe hieraan ondergeskik moet wees.

Trouens, wie hom nie hierin nagevolg het nie, is dikwels meedoënloos vervolg.

Wat ‘n eensydige en selfs skewe, tragiese lewensuitkyk is dit nie!

Want wie liefdevolle verhoudinge verwaarloos en dit nie gedurig koester en met hulle werk en openbare lewe integreer nie, se bestaan word gou hard, leeg en arm.

Die smee van goeie verhoudinge bly ‘n prioriteit en ‘n onmisbare bron vir ‘n lewe van betekenis.

Here, dankie vandag weer vir mense wat sin en betekenis aan my lewe gee. Help my om in vriendskappe en goeie verhoudinge te bly belê. Amen

Carel Anthonissen

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.