Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Om reg te onthou

Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie (Jesaja 43:18).

Dink aan wat vroeër gebeur het, lank gelede; Ek is God, daar is geen ander nie… (Jesaja 46:9).

In ons teks vir die week – Jesaja 43:18-19 – word die volk ernstig vermaan om nie by die verlede stil te staan nie. Net ‘n paar tekste verderaan kom daar egter ‘n ánder oproep.

Dit is dat hulle wél die verlede moet koester. Die herinnering daaraan moet wakker hoe. Moet dink aan wat vroeër gebeur het, lank gelede (Jesaja 46:9).

Hoe moet ons dié teenstrydigheid verstaan? Hoe rym ons dié twee tekste met mekaar?

Tereg wys die jong teoloog, Helgaard Pretorius, daarop dat die kwessie hier nie net is dát ons onthou nie, maar veral hóé ons onthou. Hoe ons op ‘n beter manier met die verlede kan omgaan.

Want ‘n mens kan vasval in jou verlede. Jy kan ontvlug na die goeie ou dae en nostalgies daarin verstik. Of ondergaan aan die skuld van jou verlede, jou verlede bly misbruik as ‘n regverdiging vir nóg meer woede, nóg meer verontwaardiging, nóg meer onreg.

Maar ‘n mens se herinnering kan ook goed en gesond wees. Jou verlede kan byvoorbeeld jou foute help ontbloot en jou leer om sekere dinge te vergeet en agter jou te laat. Dit kan jou ook inspireer en help om met nuwe hoop vorentoe te beur. Omdat jy weet, dit lankal reeds geleer het, dat daar ook goeie dinge is waarop jy kan bou. Ook dat dinge kan verander, sodat die oue juis die voorspel tot nuwe moontlikhede kan word.

Belangriker nog: Die verlede kan ons herinner aan God se troue liefde wat ons tóé gedra het en ons vorentoe steeds sal dra. Ons ook leer om nuut te dink en anders te begin leef.

Dus, om saam te vat: Ons moet soms ook vergeet om beter te onthou.

O Here help ons vandag om so om te gaan met ons verlede, dat U die kans kan kry om nuwe paaie vir ons te open. Amen

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.