Boodskap vir Vandag

Search

Om vir iets beters op te staan

Lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is … (Efesiërs 4:24)

Onlangs ontvang ek ‘n brief van die voorsitter van Kairos, Suid-Afrika – ‘n organisasie wat die kerke vandag help om hulle sosiale verantwoordelikheid ernstiger op te neem.

In die brief word nie net ‘n skerp analise van Suid-Afrika se huidige probleme en uitdagings aangebied nie. Op ‘n boeiende manier word ook gesuggereer wat dit vir Christene beteken om vandag méér sigbaar uit die krag van Jesus se opstanding te gaan lewe.

Dít beteken onder andere, so lui die brief, dat ons in ons huidige konteks nie net sal vra wat afgebreek moet word nie. Of soos sommige aandring nie: “Wat moet val?” Belangriker is dat ons ook positief sal vra: “Wat moet herstel en nuut opgerig word?”

Dít, sluit die brief dan af, is ‘n goeie en belangrike vraag, aangesien ons lewe tog verbind is aan die opgestane Christus wat deur sy Gees nuwe lewe wil skep. Sodat ons wat deel is van Christus, ook ons eie potensiaal tot vernuwing sal ontdek. Ook die kerk gedurig daartoe sal uitdaag.

In die skrywer se woorde: “Our Risen-ness is the gift that we can give to society. Risen-ness is about hope, and hope is a rare and much-needed commodity in our society today. But first we must truly own that gift before we can give it away.”

Die vraag is of ons al hoegenaamd hierdie gawe ontdek het om saam met Christus vir iets beters op te staan

Here, U het gekom dat ons lewe en dit in oorvloed mag hê. Help ons om uit hierdie belofte te leef sodat ons kan bydra tot die opbou van ‘n gesonde samelewing. Amen

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.