Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

So oud soos die berge

Leer om weer goed te doen, sorg dat daar reg geskied, gaan die verdrukker teë (Jesaja 1:17).

In 1914 het een van die grootste rampe in die geskiedenis van die jag op seerobbe in die noorde van Kanada plaasgevind.

Die tragiese gebeure is gedokumenteer in Cassie Brown se meesleurende boek, getitel “Death on the Ice – The great Newfoundland Sealing Disaster of 1914”.

In dié boek word vertel hoe ‘n groep van 132 robjagters twee lange dae en nagte op ‘n ysveld in die Noord-Atlantiese winter gestrand was. Enkeles het wel oorleef, maar die meerderheid het in die bitter koue omgekom.

Die groot hartseer was dat dié ramp verhoed kon gewees het. En dat dié wat daarvoor verantwoordelik was, nooit skuld erken of skuldig bevind is nie.

Wat wel duidelik geword het, was die ongelooflike gierigheid en selfsug van die invloedrykes. Die vinger is veral gewys na een skeepskaptein wat in sy fanatiese drif om die meeste robbe te jag, min omgegee het vir die welsyn van sy mense.

In die woorde van die skrywer:

“So long as the men were regarded as expendable, and the seals as the thing that mattered, it (this disaster) was bound to happen, sooner or later. Still there was no suggestion by the court of any liability on the part of the company that sent the men to their deaths.”

As leser van die boek was ek opnuut herinner aan hierdie soort onreg wat so oud soos die berge is. Ook dat ons nooit mag ophou om gedurig teen sulke dade van onreg op te staan nie.

O Here, gee ons vandag weer die moed om op te staan teen onreg. Amen

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.