Boodskap vir Vandag

Search

Moenie alles glo wat jy dink nie

God het die tye van onkunde oorgesien, maar nou roep Hy al die mense oral op om hulle te bekeer (Handelinge 17:30).

In ‘n vriend van my se studeerkamer hang ‘n vreemde, maar baie interessante, spreuk.

Dit lui: Moenie alles glo wat jy dink nie.

Dié spreuk het natuurlik betrekking op ons siening van die lewe, maar veral ook op ons verhouding met ander mense en hoe ons hulle beskou. Die gevaar hier is dat ons toelaat dat ‘n negatiewe ervaring, of nog erger, ons eie vooroordele of vrese, ons denkbeeld of siening van ander bepaal.

Sodat ons onsself maklik in dié opsig kan misgis of bedrieg. Onsself dinge kan wysmaak oor mense wat glad nie ooreenstem met wie hulle werklik is nie. En hulle dan op dié manier maklik in ons kop kan afskryf, of vaspen op ‘n stereotipe beeld wat ons, dikwels vanweë ons opvoeding, oor hulle het.

Wie goed na die evangelie luister, sal weet dat ons hier versigtig moet wees. Want die evangelie verwag van ons om soos Jesus oor ander te dink. Veral ook met sý oë na almal te leer kyk.

En dit kan beteken dat ons nie altyd alles kan glo wat ons van mense dink of geleer is nie. Trouens, wie die opgestane Here volg, se denke sal gedurig aan ‘n proses van gesonde selfkritiek, hersiening en selfs vernuwing onderwerp word.

Maar dít is presies wat egte bekering volgens die Bybel beteken.

O Here, bring ons tot bekering, vernuwe vandag ons denke. Bring dit weer in ooreenstemming met u siening van dinge en van mense. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Koorde vir die Koning

Laat lof weerklink met Christelike musiek

Kamera op die Kruis

Rig ander se fokus op die Here

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.