Boodskap vir Vandag

Search

Ons moet die huis verlaat

Jesus sê vir hom: “Jakkalse het gate en voëls het neste, maar die Seun van die mens het nie eens ‘n rusplek vir sy kop nie” (Matteus 8:20).

Daar is ‘n storie oor die bekende Nigeriese skrywer, Ben Okri, wat oor die loop van jare baie vir my beteken het.

Okri het op ‘n stadium sy moederland verlaat om sy loopbaan in Londen voort te sit.

Hieroor was sommige joernaliste destyds verbaas. Een het hom op ‘n keer selfs reguit gevra of dit nie aan ‘n verraad grens om as ‘n beroemde skrywer jou land só te verlaat nie. Per slot van sake bly dit die bodem waaruit sy beste werk gespruit het.

Hierop het Okri half geïrriteerd geantwoord:

“You have to leave home as part of your development. At home you can be pompous, stupid, arrogant and not particularly sensitive. When you leave home you are in a state of grace, at the mercy of strangers and you see the sensitivity of the human condition.”

Sjoe, wat ‘n betekenisvolle opmerking is dit nie! En herinner dit julle nie ook aan Jesus se soortgelyke uitspraak dat die jakkalse gate en die voëls neste het, maar dat die Seun van die mens nie eers ‘n rusplek vir sy kop het nie?

En dat wie Hom volg dít moet weet?

Here, hoe burgerlik en gerieflik het ons geloof nie geword nie! Wys ons vandag weer die riskante, maar bevrydende pad waarop U ons wil lei. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.