Maar van onheilige en sinlose verdigsels moet jy wegbly. Oefen jou liewer om in toewyding aan God te lewe (1 Timoteus 4:7).
Nóg iemand wat geweet het van die hoop wat in paradoks opgesluit is, is die Amerikaanse historikus, Kate Bowler.
Die groot ironie van haar lewe was dat sy, kort nádat sy ‘n omvattende studie oor seën voltooi het, onverwags met ‘n graad vier-vorm van kanker gediagnoseer is.
Uiteindelik bereik sy ‘n oomblik van bevryding waar sy kon skryf:
“I have despite my cancer discovered new ways of being alive. Today I am seeing my world without the instagrammed filter of breezy certainties and perfect moments… Life is so beautiful. Life is so hard.”
Ons hoor dit reeds hoe dit vir Bowler allermins maklik was om by dié punt uit te kom. Want vertroud met die leringe van die sogenaamde voorspoedsteologie, was haar terugslag op daardie stadium moeilik te rym met die maklike antwoorde wat hierdie teologie gebied het.
Totdat haar oë oopgegaan het en sy kon skryf:
“The prosperity gospel tries to exert order over the chaos of our lives, to solve the mystery of human suffering. It holds on to the illusion of control until the very end. In fact, it has replaced Christian faith with the most painful form of certainty. The movement has perfected a rarified form of America’s addiction to self-rule, which denies much of our humanity: our fragile bodies, our finitude, our need to stare down our own deaths (at least once in a while) and be filled with dread and perhaps also wonder.”
Bowler se hoopvolle storie wys onder andere dat wat die paradokse in ons lewe betref, ons nie altyd alles kan glo wat in die naam van godsdiens aan ons opgedis word nie.
Ag Here, hou ons nugter! Bewaar ons van maklike en oppervlakkige antwoorde op ons lewensvrae. Amen
Carel Anthonissen