Boodskap vir Vandag

Search

‘n Merkwaardige omkeer

En wanneer Hy kom, sal Hy bewys dat die wêreld skuldig is aan sonde, en dat die reg aan my kant is, en dat die oordeel al gekom het (Johannes 16:8).

Hy het ons opdrag gegee om aan die volk te verkondig en te bevestig dat dit Hy is wat deur God aangestel is as Regter oor lewendes en dooies (Handelinge 10:42).

Die afgelope tyd het ons in Suid-Afrika daaraan gewoond geraak dat ‘n regsaak of regterlike uitspraak omgekeer kan word.

In Handelinge 10:43-43 herinner Petrus ons hoe in Jesus se geval dieselfde gebeur het.

Hoe dit ná sy opstanding, danksy die getuienis van die Heilige Gees, duidelik geword het dat die reg eintlik heeltyd aan sý kant was (Joh 16:8-10). Ja, meer nog, dat tydens sy verhoor en vonnisoplegging daar ‘n ironiese spel aan die gang was. Een waarin Hy die eintlike Regter was. En hulle wat Hom destyds veroordeel en afgeskryf het, die skuldiges en sondaars was.

In hierdie merkwaardige omkeer van Jesus se saak, wat met sy terugkeer uit die dood nou oorduidelik geword het, sit daar ‘n ewe merkwaardige boodskap.

Dit is dat dinge nie altyd is soos dit van buite lyk nie. Van buite lyk dit dikwels asof die geweld en onreg triomfeer, ja, asof die maghebbers en valse regters van ons tyd die hef van die geskiedenis in hulle hande het.

Intussen behoort die mag aan Hom wat in nederige diens en liefde sy lewe vir die wêreld gegee het. En wat nou na sy opstanding deur God aangestel is as Regter oor lewendes en dooies (Hand 10:42). Sodat almal voor Hom moet buig.

Gelukkig – en dit sal ons telkens ontdek wanneer ons in nederige afhanklikheid voor Hom buig – is sy oordele altyd vol genade en vergifnis.

Here, wat ‘n troos om te weet dat U in beheer van alles en almal is. En dat die oordele oor ons lewe in die hande van ‘n genadige God is. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.