Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Ná Pinkster is niks meer dieselfde nie

Almal is met die Heilige Gees vervul en hulle het in ander tale begin praat soos die Heilige Gees dit aan hulle gegee het om onder sy leiding te doen (Handelinge 2:4).

In die klassieke Pinksterverhaal opgeteken in Handelinge 2:1-13, is daar ‘n paar belangrike dinge wat opval.

Die eerste is die kontras tussen ‘n klein skare mense wat op daardie stadium onseker en selfs verward gewag het op iets wat hulle nie kon peil nie. Byna soos die dissipels kort ná Jesus se opstanding, toe hulle uit vrees hulleself afgesonder het.

En dan, só lees ons in Handelinge 2, die uitstorting van die Heilige Gees met ‘n soort geweld en effek wat die skare totaal verras en uit die veld geslaan het.

Wat sê dit alles vir ons?

Dít naamlik, dat Pinkster ‘n totaal nuwe daad van God ingelui het. Een waardeur mense oornag uit ou groewe en angste gelig is om voortaan met nuwe hoop en entoesiasme, ja, selfs met ‘n nuwe roeping te gaan leef.

Maar dit is presies wat gebeur wanneer die Gees in ons werksaam word. Oftewel, wanneer ons die Gees kans gee om in ons te woon en te werk.

Ons lewe word oornag met nuwe, interessante en selfs ingrypende moontlikhede gevul. Ook word dit dan duidelik dat niks meer dieselfde kan of mag bly nie.

Kom, Skepper Gees, verander ons lewe. Verras ons met u krag. Skep in ons ‘n nuwe hart vol hoop en blydskap. Amen

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.