Boodskap vir Vandag

Search

Die wind en vlam van God se Gees

Skielik was daar ‘n geluid uit die hemel soos van ‘n geweldige stormwind, en dit het die hele vertrek gevul waar hulle gesit het. Hulle het iets soos vuur gesien wat in tonge verdeel en op elkeen van hulle gekom het (Handelinge 2:2-3).

Lukas beskryf met twee interessante beelde die koms van die Heilige Gees tydens Pinkster.

Die eerste is die beeld van ‘n geweldige stormwind.

Oor die betekenis hiervan, bied die Duitse prediker, Wilhelm Stählin, interessante kommentaar. Hy skryf: “Wie in ‘n stormwind beland, se ou fondamente word losgeruk. Hulle het geen eie standpunt of staanplek meer nie. Hulle word meegevoer na onbekende plekke of oorde.”

Die beeld van vuur is selfs, aldus Stahlin, nóg sterker. Want dit hou die moontlikheid in, selfs die gevaar, dat ‘n mens kan ondergaan, dat al ons ydelhede en pretensies verteer en vernietig kan word, weliswaar sodat ons méér gelouter en suiwer anderkant kan uitkom.

In albei gevalle, voer Stählin aan, wou die skrywer die ingrypende maar ook helende veranderings wat die Gees in ons lewe as gelowiges en as kerk wil en kan bring, beklemtoon.

In Stählin se woorde: “Die kerk is die oord waar die Gees van God waai en brand, waar eerstehands ervaar kan word hóé radikaal ons aardse lewe deur hemelse kragte aangeraak en verander kan word. Trouens, ‘n kerk waar geen wind meer waai en geen vuur meer brand nie, is nie meer ‘n kerk soos die Bybel dit bedoel nie.”

Wat ons bring by die vraag of óns al werklik aangeraak en verander is deur die wind en die vlam van God se Gees?

Gees van God, waai vandag weer in ons lewe, verteer alles wat ydel en skeef is en vorm ons na Christus se beeld. Amen

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.