Boodskap vir Vandag

Search

‘n Ryk belofte

Toe sê Jesus vir hom: “Jakkalse het gate en voëls het neste, maar die Seun van die mens het nie eens ‘n rusplek vir sy kop nie” (Lukas 9:58).

Volgens Lukas 9:51-62, kan die nuwe bewussyn wat Jesus van ons verlang, alleen posvat en deurbreek waar ons bereid is om Jesus voluit te volg.

Om dan só, op sy voetspoor, van ‘n selfbehepte en benepe persoon, tot ‘n liefdevoller, oper en geduldiger mens te groei.

Dat dit nie maklik is nie, selfs ‘n kruisweg sal beteken, is duidelik uit die gedeelte.

Want om mee te begin, beteken dit dat jy bereid moet wees om te verander. Om doelbewus die gewone gang of patroon van jou lewe te onderbreek, sekere gewoontes of gebruike af te leer, selfs ou beproefde bande prys te gee. Sodat jy vry is om ‘n nuwe koers of rigting in te slaan.

Een wat jou oor nuwe grense kan neem waar jy inderdaad méér weerloos, onseker en selfs beangs sal voel. Byna soos in ‘n woestyn waar alles aanvanklik vaal, leeg en eensaam skyn te wees.

Net om te ontdek dat daar in hierdie vreemde landskap skatte en verrassings, ja, selfs ‘n nuwe vorm van lewe en vryheid, selfs geluk skuil waarvan jy nouliks kon droom.

Dít, liewe leser, is die verskuilde, maar ryk belofte wat opgesluit is in Jesus se kort, maar kragtige uitnodiging: “Volg My!”

O Here, wanneer sal ons ooit leer dat u opdragte en uitnodigings altyd vol ryk beloftes is. Maak ons tog vandag weer daarvoor opmerksaam! Amen

Carel Anthonissen

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.