Boodskap vir Vandag

Search

Die Here se goedheid omvat alles

Here, U liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke (Psalm 36:36).

Ek sal dié oomblik altyd onthou.

Tydens my Aasvoëlkop-bediening in Johannesburg het ek een aand oorgestap kerksaal toe om te gaan luister hoe die kerkkoor oefen.

Dié koor onder leiding van die bekende orrelis, Fanie van Vuuren – deur wie se inisiatief die koor later ‘n baie mooi CD gemaak het– het dié aand by my aankoms die baie mooi, oorspronklik Duitse lied van Eduard August Grell gesing: “O Heer, u goedheid reik tot in die hemele en u waarheid so wyd soos die wolke.”

Behalwe dat die melodie my destyds diep aangegryp en ontroer het, het die lied my ook, byna soos met Psalm 46, daaraan herinner én getroos dat God in beheer is, maak nie saak wat gebeur of hoe ons party dae voel nie. Ook dat God góéd is en dat God se goedheid en trou alles omvat en deurdring, elke dag.

Wat ‘n groot waarheid om in te rus, veral wanneer dit party dae lyk asof die slegte en misdadige hoogty vier en die boosheid oorvat.

Dit is geen wonder nie dat die lied met ‘n jubelende en herhalende “halleluja!” eindig!

O Here, wat ‘n troos om vandag weer te weet dat U daar is en dat u goedheid alles omvat en deurdring. Saam met u kerk sing ons: “Halleluja!” Amen

Carel Anthonissen

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.