Boodskap vir Vandag

Search

Om met toewyding te wag

Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here (Romeine 12:11).

Die bekende Richard Attenborough se filmiese uitbeelding van lewe op ons planeet bied van die meer boeiende kykstof wat op televisie te sien is.

Onlangs in ‘n program genoem, “The Hunt”, word die lewe van die mense agter die kamera self uitgebeeld.

Dit word gou duidelik hoe moeilik, maar ook opwindend hulle werk is. Want om die verskillende diere in hulle unieke habitat af te neem, veral waar hulle op jag gaan, is geensins maklik nie.

Die program wys ook hoe hierdie kameramense soms dae lank in onherbergsame gebiede te midde van ysige wind en sneeu moet wag. En dit om ‘n enkele skoot van ‘n sonderlinge dier en dié se unieke jaggewoontes te kry. Volgens Attenborough bly dit egter die onvervangbare geheim van elke suksesvolle kamerapersoon se werk: knaende en aanpasbare toewyding (resilience), asook oneindige geduld (patience).

Wie mooi daaroor nadink, sal weet dat hierdie twee woorde ook vir ander lewensituasies, spesifiek ons reis as gelowiges, belangrik is. Veral wanneer die donkerte toesak en die lewe onbehaaglik en leeg voel, word dit dikwels die toets vir ons geloof: Kan ons met geduld en toewyding bly wag?

Want iewers, só word ons beloof, kom daar ook weer oomblikke van lig, hoop en heerlike vreugde.

O Here, vergewe ons ons moedelose gees en ongeduld. En gee ons vandag weer daardie geduldige toewyding waartoe Paulus ons so geesdriftig oproep. Amen

Carel Anthonissen

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.