Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Dit is God se geheim

In Hom is die volle wese van God beliggaam, en in verbondenheid met Hom deel julle in sy volheid (Kolossense 2:9-10).

Een van die groot misteries en wonders van die wêreld – miskien die heel grootste – waarvan Paulus ons in Kolossense vertel, is dat die grote Skeppergod moeite doen met mense.

In die persoon van die Jood Jesus, so getuig Paulus, het hierdie God wat alles gemaak het en steeds onderhou, onder ons kom woon.

Dit is God se geheim: In hierdie nederige Jood is God self teenwoordig. In Paulus se woorde: God het besluit om met sy volle wese in Hom te woon (Kol 1:19).

Dit is tog ongelooflik?

Maar Paulus hou nie hier op nie. ‘n Nóg groter geheim is dat wie in Hom glo, hulle aan Jesus verbind, deur Hom aan die liefde, krag en heerlikheid van God self deel kry. Iets van God leef en groei in hulle.

Ja, hulle mag die ongelooflike hoor, dat hulle as deel van die liggaam van Christus, terselfdertyd ook ‘n woonplek van God is.

Miskien moet jy vandag weer voor die spieël gaan staan en dit vir jouself sê: “God woon in my!”

En kyk dan watter verskil dit aan jou gevoel oor jouself en vir ander maak.

O Here, dat U in ons woon is te hoog, te groot vir ons om te begryp. Ons loof U alleen daarvoor, Skeppergees! Amen

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.