Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Die pad van herstel

Tog sal Ek weer begin om haar die hof te maak. Ek sal haar na die woestyn toe bring en mooi dinge vir haar sê. Wanneer ons daar is, sal Ek weer vir haar wingerde gee (Hosea 2:13-14).

Hoe ernstig en eg God se liefde jeens onbetroubare en sondige mense soos ons is, sien ons nêrens duideliker as in die boek Hosea nie.

Deur Hosea te roep om met ‘n slet te trou, spieël God nie net iets af van God se gewilligheid om by die ontugtige en afvallige volk, Israel, te bly nie. Nee, God gaan in die verhaal ‘n stappie verder.

God onderneem om weer van vooraf met hulle te begin. Om hulle te vergewe en die verhouding met hulle te vernuwe. En daarvoor, so hoor ons in Hosea 2:13-15, sal God soos ‘n liefdevolle minnaar haar na die woestyn, ‘n plek van afsondering, bring. Hier sal God haar weer van vooraf, soos in die dae van haar onskuldige jeug, die hof maak. Dit is met mooi woorde en geskenke haar hart vermurwe.

Totdat sy God weer waardeer, God se liefde beantwoord en God as haar man omhels en haar aan dié man met sy sorg en weldade verbind (Hos 2:14,18-19). Sodat die plek van hartseer en verwerping weer ‘n oord van hoop en geluk kan word.

Wat ‘n mooi liefdesverhaal is dit nie! Wat my laat wonder of jy vandag ook weet hoe lief die God van Israel en van Jesus jou werklik het? Ja, watter moeite hierdie God bereid is om vir jou as ‘n swakke mens te doen? In die woorde van ‘n ou geestelike:

“Will you always remember this luminous Gospel reality: ‘We are not the ones who loved God: God loved us first’? That is the light of your life.”

Here, dat U ons liefhet is inderdaad die lig van ons lewe. Hou dié lig vandag tog brandend deur u Gees. Amen

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.