Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Die wysheid van die woestyn

Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en vol liefde. Hy sal ons ons sonde nie bly toereken en nie vir ewig toornig bly nie (Psalm 103:8-9).

Ten grondslag van God se liefde waardeur die afvallige volk in Hosea 2 die woestyn ingebring is, was God se bereidwilligheid om te vergewe en weer van vooraf te begin.

Sonder hierdie vergewende liefde van God was Israel gedoem, ja, bestem om onder God se toorn te vergaan.

Maar nou was God ‘n vergewende Persoon, ‘n God wat, in die woorde van Psalm 103:9, nie vir ewig toornig bly nie. Ons ook ons sonde nie bly toereken nie. Deur Christus, so getuig Paulus, het God die skuldbrief teen ons met al sy eise tot niet gemaak het (Kol 2:14).

Hoe hierdie vergifnis werk, word pragtig uitgedruk in een van die bekende woestynvaders se stories.

Daarin word vertel hoe ‘n soldaat eenkeer aan een van die ou vaders gevra het of God ‘n sondaar sal vergewe.

Die ouman vra toe: “Sê my, geliefde, as jou jas geskeur is, sal jy dit weggooi?”

Waarop die soldaat toe antwoord: “Nee. Ek sal dit regmaak en weer aantrek.”

Die ou vader sê toe vir hom: “As jy jou jas so versorg, sal God dan nie barmhartig wees teenoor sy eie beeltenis nie?”

Inderdaad! Wat beteken dat ons ook nie mense op húlle verlede moet vaspen nie.

O Here, dankie dat, terwyl ons u toorn en oordeel verdien, ons mag hoor dat U vergewe en ons sondes nie teen ons hou nie. Ons loof u weer vandag vir u troue liefde en oneindige barmhartigheid. Amen

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.