Boodskap vir Vandag

Search

Gebed as deurlopende gesprek met God.

Hy het naby God geleef en toe was hy nie meer daar nie, want God het hom na Hom toe weggeneem (Genesis 5:24).

Ek ken ‘n ouer vrou wie se hele lewe ‘n deurlopende gesprek met God is.

Elke dag bring sy haar lewe voor God, opper sy haar vrae, deel sy haar verdriet, jubel sy haar dankbaarheid.

Vir haar is gebed nie net ‘n kortstondige oomblik van kniel, buig of stil word voor haar God nie. Haar ganse lewe is ‘n gebed. Dit is ‘n voortdurende, onophoudelike antwoord op God se roep na die mens soos dit kort ná die sondeval en daarná regdeur die geskiedenis wéér en wéér na ons sou kom.

Dit is God se roep wat in Christus, die vleesgeworde Woord, onder ons gestalte gekry het. Dié Woord wat vandag nog opklink, uitnooi en vra: “Waar is jy?”

Gebed is om daagliks ons lewe vir hierdie soekende Woord van God oop te stel. Dit is om soos Adam en Eva van vroeër ons skuilplekke te verlaat, ons skanse af te gooi en naak en eerlik voor God te gaan leef. Dit is om soos Henog naby God te leef (Gen 5:24). Of soos die ou vertaling lui: “Om met God te wandel”.

Wat natuurlik nooit uitsluit dat ‘n mens in die loop van jou lewe gereeld tot stilte sal kom en voor die Almagtige kniel nie.

O Here, help ons vandag weer om met U te wandel en U met elke item van ons lewe te vertrou. Amen

Carel Anthonissen

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.