Ja, by U is die fontein van lewe, in u lig sien ons lig (Psalm 36:10 – Nuwe Testament en Psalms. ‘n Direkte Vertaling. Eerste uitgawe 2014).
Van die mooiste waarheid kom na ons in die eenvoudigste taal.
Soos ‘n onlangse meditasie van die bekende broer Roger van Taizé. Dit handel oor ons almal se verlange om Christus getrou te volg.
Hieroor vra hy dié belangrike vraag: “Waaraan herken ons dat ons Christus wel volg? Dat Hy in ons leef?”
Waarop hy dan aangrypend, maar ook verstommend eenvoudig, verklaar:
“Jy herken dit wanneer jou innerlike worstelinge, in jou soeke na Christus deur gebed, jou nie verhard of sinies maak nie, maar nader aan die fonteine van sy liefde lei.”
Hy skryf: “A way forward takes shape: it always leads from worries towards trusting in God.”
Wat ‘n eenvoudige, maar kragtige en troosryke woord!
O Here, U is die fontein van lewe. Dankie dat U my vandag weer met dié innerlike wete vertroos. Amen
Carel Anthonissen