Boodskap vir Vandag

Search

Met die koms van die lente

Maar aan God die dank. Hy voer ons altyd saam in sy triomftog omdat ons een is met Christus. Deur ons versprei Hy die kennis van Christus oral soos ‘n aangename geur (2 Korinthiërs 2:14-15).

En so het die lente weer stilweg met sy warmer dae en skoner lug onder ons gedaag.

Die koms van die lente op 1 September neem my altyd na my eie kontrei terug en wat ek “die eerste wonder van die wêreld” noem! Dit is Namakwaland en die Noordweste se blommeprag.

Jy sien ek ruik dit sommer as jy die Agterhantam by die plaas, Groot Toren, binnery ‑ die nuwe opslag, skerp geur van bossies en veld. En dan die plate en plate blomme. Van alle kleure en geure denkbaar.

Een rit deur dié veld laat jou soos ‘n nuwe mens voel en die sorge van die lewe ‘n oomblik lank vervaag.

Die aankoms van die lente in dié streek laat my ook altyd aan Paulus se oproep dink dat ons lewe die draers is van die kennis van Christus. En dat God dié kennis soos ‘n aangename geur deur ons versprei.

Net soos die lenteveld van my hartland-Karoo.

O Here, maak van my lewe vandag weer die draer van kennis oor U. Maak dit ‘n aangename geur tot u eer. Amen

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.