Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Nuus om na te smag

Dan sal die lig vir jou deurbreek soos die rooidag, jy sal gou herstel (Jesaja 58:8).

Jesaja 58 is ‘n hoofstuk vol aangrypende en baie aktuele beloftes.

Geskryf in die tyd van Israel se ballingskap, vertel dit van onverwagse genesing en herstel. Van ‘n tyd waarin hulle geknelde land weer bevry en opgebou sal word. ‘n Tyd waarin ou waardes en goeie tradisies herwin en die volk se verlore aansien herstel sal word.

Hulle sal, so hoor ons, bekend staan as ‘n volk wat sy afgebreekte mure herbou en sy strate herstel het (Jes 58:12). Of anders gestel: Hulle sal bekend staan as mense wat die land weer leefbaar gemaak het.

In dié omstandighede, so beloof Jesaja verder, sal nuwe lig vir hulle begin daag (Jes 58:8,10). ‘n Gees van hoop sal begin posvat. Mense sal vrugbare lewens begin lei soos ‘n tuin met volop water. Selfs in moeilike omstandighede, so hoor ons, sal hulle op God se leiding en voorsiening kan staatmaak (Jes 58:11).

Kom ek vra jou: Is dit nie ook die soort nuus waarna jy vandag smag nie? Die beloftes waarna almal hunker nie?

inderdaad kan dit vir ons ook geld. Mits ons raaksien dat die vervulling van hierdie beloftes by Jesjaja aan sekere voorwaardes, sekere opdragte en verantwoordelikhede gekoppel is (Jes 58:9-10, 13-14).

Hierna moet ons ook kyk. Want die vraag is of ons en ons leiers daarvoor kans sien.

Here, dankie vir u beloftes wat vandag nog vir ons geld. Leer ons al meer hoe om hulle te omhels. Amen

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.