Boodskap vir Vandag

Search

Miskien kan ons hier begin

“… as jy jou wy aan dié wat honger het, as jy voorsien in die behoeftes van dié wat in nood is, sal die lig oor jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag (Jesaja 58:10).

In Jesaja 58 wys God op twee dinge wat van die volk verwag word alvorens God se beloftes van heling en hoop vir hulle in werking kan tree.

Die eerste is dat hulle met groter toewyding en erns iets aan die ongelykheid in hulle samelewing sal doen.

Dit beteken eenvoudig dat hulle ‘n simpatieke hart vir die minder bevoorregtes sal ontwikkel. Wat op sy beurt weer beteken dat hulle die moeite sal doen om grense oor te steek, hulleself bloot te stel aan dié wat min het – armes, hongeriges en dakloses.

En dan te leer om te gee, te help, by te staan en te troos (Jes 58:6-7, 9-10).

Wat ons hier hoor, is ‘n ou boodskap waarmee ons nie altyd raad weet nie. Want in ons eie samelewing is hulp aan die armes nie sonder probleme nie. Lei dit dikwels tot groot frustrasie en ontnugtering. Ook ‘n soort vermoeidheid en sinisme wat jou verder in jou eie dop en isolasie kan terugdryf.

Dit is verstaanbaar. En tog is daar, gode sy dank, baie wat vandag die opdrag van Jesaja probeer naleef. Mense wat met groot vertroue, toewyding en veral verbeelding, nuwe weë soek om die ongelykheid op te hef. En dan ontdek hoe hulleself onverwags daardeur geseën word.

Miskien moet ons, om mee te begin, by hulle gaan leer.

Here, neem vandag weer ons hand en leer ons wat U van ons verwag. Ons sorg maklik vir onsself, maar ons is dom en onwillig om na ander om te sien. Amen

Carel Anthonissen

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.