Boodskap vir Vandag

Search

‘n Egte tradisie

Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig (Filippense 4:8).

Ek sal die slagspreuk op ‘n papierhouer vir ‘n vars brood wat ek eenkeer oorsee gekoop het, nooit vergeet nie.

Dit het gelui: “By ons het dit wat eg is nog ‘n tradisie.”

Die woorde spreek van ‘n opvallende trots op ‘n ou produk. Veel méér nog: Dit wil kopers attent maak daarop en oortuig dat hulle hier met die egte, die beproefde, die oorspronklike te make het.

Dat hier niks muf, vals, kunsmatigs, onderduims, oneerliks of tweedehands ter sprake is nie.

Natuurlik is dit maar net ‘n advertensie soos baie ander. En tog roer dit aan ‘n verlange wat ons almal het ‑ die verlange na eerlikheid, egtheid en suiwerheid. En dit nie alleen wat kos of ander lewensmiddele betref nie, maar veral ook rakende ons daaglikse omgang met mense.

O, wanneer sal dit wat eg en eerlik, reg en edel is, daardie ou, beproefde waardes waartoe die Bybel ons aanmoedig om dit gedurig te bedink, weer stewig by ons ingeburger word? Sodat ‘n volgende geslag met trots kan sê: “Dit is hoe en wie ons is.”

“Dít is ons erfenis, ons tradisie!”

Here, vul ons gedagtes vandag weer met wat mooi en edel, opreg en eerlik is. Laat dit ons trots en tradisie word. Amen

Carel Anthonissen

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.