Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Die profiel van ‘n vrugbare lewe

Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie (Galasiërs 5:16).

Hoe ‘n vrugbare lewe in verbondenheid met Christus lyk, sien ons nêrens duideliker as in Galasiërs 5:22-26 nie.

Daar hoor ons allereers dat ‘n vrugbare lewe nie net téénoor een staan wat deur ons eie selfsugtige begeertes beheers word nie. Dit is ‘n lewe wat by uitstek uit die werk van Christus se Gees in ons lewe voortvloei.

Want waar die Gees werk, kom daar nuwe lewe, bot nuwe bloeisels, kom ‘n verskeidenheid nuwe vrugte tot rypwording in ons lewe.

Meer eietyds en pragtig vertaal Eugene Peterson hierdie klassieke gedeelte oor die vrugte van die Heilige Gees wanneer hy dit só beskryf:

“God brings gifts into our lives, much the same way that fruit appears in an orchard – things like affection for others, exuberance about life, serenity. We develop a willingness to stick to things, a sense of compassion in the heart, and a conviction that a basic holiness permeates things and people. We find ourselves involved in loyal commitments, not needing to force our way in life, able to marshal and direct our energies wisely.”

Soek jy na ‘n profiel van ‘n ware geesvervulde en vrugbare lewe? Hiér hoor jy dit!

Gees van God, waai vandag weer in ons lewe, vul dit met die vrug wat by ‘n volwasse mens pas. Amen

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.