Boodskap vir Vandag

Search

Wanneer vrug vergifnis word

Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!” (Lukas 23:34).

Een van die groot kenmerke van ‘n vrugbare lewe, is die gawe om ander te vergewe.

Meer as eenmaal verwys Jesus na die belang hiervan (Matt 9:1-8, Lukas 23:34). Hy vertel op ‘n stadium selfs ‘n gelykenis om te beklemtoon dat ‘n mens nooit genoeg kan vergewe nie (Matt 18:21-35).

Een van die mooiste voorbeelde van die krag en waarde van vergifnis, kom uit die Tweede Wêreldoorlog. In dié tyd is hierdie aangrypende gebed by die lyk van ‘n jong kind wat onnodig gesterf het gevind. Dit lui só:

“O, Here, onthou nie alleen daardie manne en vroue met goeie bedoelings nie, maar ook hulle met kwade bedoelings. Moenie al die lyding wat hulle oor ons gebring het, onthou nie. Onthou eerder die vrug wat óns deel geword het dánksy hierdie lyding – ons kameraadskap, ons lojaliteit, ons nederigheid, ons moed, ons gasvryheid, ja, die grootheid van hart wat uit dit alles gebore is. En wanneer hulle, die kwaadwilliges, dan eendag onder u oordeel kom, laat al hierdie vrugte wat óns voortgebring het, húlle vergifnis ook wees.”

Jy moet saamstem: Dit is ‘n aangrypende, maar ook ‘n beskamende getuienis. Een wat volledig in die gees van Christus se woorde aan die kruis is.

O, Here, maak ons harte vandag weer so groot dat ons ook ons bitterste vyand kan vergewe. Amen

Carel Anthonissen

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.