Boodskap vir Vandag

Search

‘n Teken dat ek Christus ken

Ek sal dadelik na my pa toe teruggaan en vir hom sê: Pa, ek het teen God en teen Pa gesondig! (Lukas 15:18).

In een van sy baie eenvoudige, maar kragtige meditasies, vra die gewese leier van die Taizé-gemeenskap, broer Roger, die volgende belangrike vraag: “Hoe weet jý wat Jesus so graag opreg wil volg, dat jy Hom al regtig ontmoet het? Aan watter teken sal jy dit herken?”

En dan hierdie aangrypende antwoord: “Jy sien en wéét dit wanneer, in jou soeke deur jou gebede na Hom, jou innerlike wroeginge en twyfels jou nie laat verhard of sinies word nie, maar na die lewegewende fonteine van sy liefde inlei en neem.”

“En jy geleidelik agterkom hoe ‘n weg vorentoe vir jou begin oopgaan – ‘n weg wat jou altyd weer van al jou bekommernisse weglei na ‘n groter vertroue in God.”

Miskien is dit anders by jou, maar broer Roger se woorde was vir my nog altyd tot groot troos. Veral omdat dit my bewus hou van hoe die Heilige Gees op ‘n wonderlike wyse my aan Christus bly herinner en bind.

O, Here dankie dat U my lank gelede gegryp en aan U gebind het, my ook vermurwe sodat ek vandag steeds in u liefde bly. Amen

Carel Anthonissen

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.