Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Word ‘n goeie storie!

Dit is tog duidelik dat julle ‘n brief van Christus is…(2 Korinthiërs 3:3).

In die inleiding van haar mooi boek “Hartstories – Huis toe met ligter tred”, verwys die bekende omroeper, Amore Bekker, na ‘n veelseggende opmerking van die politieke kommentator, Rhoda Kadalie.

Dié het iewers laat blyk dat dit eintlik goed gaan tussen die meeste Suid- Afrikaners. Dit is net die politici, die media en die universiteite wat mekaar bly kapittel.

Verder voeg Kadalie dan by dat ons ernstig moet kennis neem van die magdom goeie en positiewe stories wat steeds elke dag onder en rondom ons afspeel en selfs hoogty vier.

Dit is ‘n belangrike en baie nodige herinnering. En Amore se boek, wat verlede jaar verskyn het, is ‘n klinkende en hoopvolle bewys daarvan. Dit stel ons voor die uitdaging om vandag weer op die uitkyk vir sulke stories te gaan. En belangriker nog, om deel daarvan te word. Om self ‘n positiewe storie te skep of te word.

As gelowiges mag ons tog nie toelaat dat ander vir ons die werklikheid skep, vertolk of voorskryf nie.

Here, vergewe ons ons negatiewe uitkyk op die lewe. En help ons om vandag ‘n hoopvolle storie van ons lewe te maak, ‘n brief van Christus self. Amen

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.