Boodskap vir Vandag

Search

Die skuld van die liefde

Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê (Romeine 13:8).

Ons ken almal die bekende, byna ongeërgde uitdrukking: “Ek skuld niemand iets nie.”

Behalwe dat dit dui op gesonde finansies, word dit dikwels ook ge-uiter deur mense wat iewers afgejak, verneder of seergemaak is. En nou wegstap met die besluit: “Ek het jou nie langer nodig nie. Ek skuld jou verder ook niks nie – nie my aandag, respek of belangstelling nie.”

Ek dink ek verstaan hierdie optrede. ‘n Mens kom van tyd tot tyd mense teë wat jou so laat voel.

En tog laat Paulus ons as gelowiges nie so maklik hiermee wegkom nie. In Romeine 13:8 herinner hy ons: “Julle moet (inderdaad) aan niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê.”

Dus, ook wanneer ons wil wegstap van iemand, is ons nooit van hierdie verpligting om hulle steeds lief te hê ontslae nie. Die rede hiervoor, so spel Paulus dit in 2 Korinthiërs 5 uit, is omdat Christus vir almal gesterf het. Wie dít weet, kyk dieper. Hulle beoordeel ander nie meer volgens menslike maatstaf nie (2 Kor 5:14-16).

Gedwing deur Christus se liefde (2 Kor 5:14), weet hulle boonop dat die liefde altyd geduldig en vriendelik is. Dat dit nooit boekhou van die kwaad nie. Ook nie onnodig liggeraak, afgunstig of grootpraterig is nie. Ja, die liefde bedek alles, glo alles, hoop alles en verdra selfs alles (1 Kor 13:4-7).

Die skuld van die liefde is inderdaad groot – groter as wat ons miskien gedink het.

Here, vandag herinner u Woord my weer dat U vir alle mense gesterf het en dat ek daarom nooit iemand mag afskryf om summier van hulle mag wegstap nie. Gee my tog meer van u liefde. Amen

Carel Anthonissen

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.