Boodskap vir Vandag

Search

Liewer paranoia nou as depressie later

Wees op julle hoede, wees waaksaam, omdat julle nie weet wanneer die tyd daar is nie (Markus 13:33).

‘n Paar jaar gelede, tydens ‘n besoek aan die Noorde, bemerk ek oor die loop van ‘n paar dae dat ek meer lighoofdig, selfs moeër, as gewoonlik voel.

My geluk op daardie stadium was dat ek by ‘n vriend wat ‘n mediese dokter is oorbly. Tot vandag toe is hy ‘n deeglike arts wat nie onnodige kanse waag nie. Hy neem sy pasiënte se klagtes ernstig.

Die gevolg was dat ek oornag vir allerlei toetse in die hospitaal beland. Uiteraard was ek ietwat ongemaklik en selfbewus hieroor. ‘n Mens wil nie graag van onnodige ipekonders of paranoia beskuldig word nie. Maar my vriend was onversetlik.

Gelukkig was al die toetse negatief en moes ek aanvaar dat dit waarskynlik net die hoëveldse lugdruk was wat my aangetas het. Dit het my nog méér selfbewus gelaat: Al die moeite en onkoste, en dit vir niks nie!

Totdat my vriend my met ‘n lewenswaarheid getroos het wat beslis wyer van toepassing is: “Man, liewer paranoia nou as permanente chaos en depressie later.”

Beslis iets om oor na te dink, ook as gelowige, nie waar nie? Veral in ‘n land waar die alarms nou ‘n geruime tyd al loei en ons geroep word tot ‘n vorm van voorsorg en waaksaamheid wat latere chaos en depressie kan verhoed.

Here, gee ons vandag daardie waaksaamheid wat nie oorangstig raak nie, maar wakker en ontsteld genoeg is om die nodige voorsorg en optrede te verseker. Amen

Carel Anthonissen

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.