Boodskap vir Vandag

Search

Doen wat jý kan

Begin met die werk, want Ek is by julle, sê die Here die Almagtige (Haggai 2:4).

Daar was verskillende redes waarom die volk ná hulle terugkeer uit die ballingskap traag was om God se tempel te herbou.

Die ontnugtering met die land en sy sukkelende ekonomie het hulle allereers lam gelê. Ons ken dit tog: Hoe teleurstelling mense se motivering en dryfkrag kan laat taan. Sodat hulle later net voortploeter, meesal in eie belang en vir eie gerief.

‘n Dieper rede vir hulle traagheid was egter dat hierdie bouprojek vir hulle na onnodige sleurwerk gelyk het. Veral in vergelyking met Salomo se kleurryke tempel van vroeër toe die nodige middele, rykdom en vakkundiges, vrylik beskikbaar was, het dié nuwe taak maar baie nietig voorgekom (Hag 2:3). Tereg was die vraag: “Is hierdie afskeeptempel die moeite werd?”

In dié omstandighede roep Haggai hulle op om eenvoudig te begin. Ook om moed te skep en te weet dat God by hulle sal wees (Hag 2:4-5). Ja, dat God áltyd by klein mensies is in klein takies wat gehoorsaam uitgevoer word. Want uiteindelik is dit God self wat in en deur ons werk – en wat só ‘n koninkryk van onselfsugtige liefde en geregtigheid oor die hele aarde wil vestig.

Al wat van ons gevra word, is om met oorgawe te doen wat óns kan, maak nie saak hóé nietig dit voel nie. Soos een kerkvader dit uitgedruk het: “For us, there is only the trying. The rest is not our business.”

O Here, ons weet wat ons behoort te doen om van ons land ‘n beter plek te maak. Help my vandag om te begin en ook te weet: U is altyd by my. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Koorde vir die Koning

Laat lof weerklink met Christelike musiek

Kamera op die Kruis

Rig ander se fokus op die Here

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.