Boodskap vir Vandag

Search

Wat ons dag afrond

Omdat julle kinders van God is en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg. Lewe in liefde (Efesiërs 5:1-2)

Onlangs lees ek weer dié eenvoudige maar diepsinnige waarheid.

ʼn Ou geestelike vader skryf: “Ons dag is eers afgerond en voltooi wanneer die moeilikste konsekwensies of gevolge van die een of ander beproewing, hetsy siekte of verlies, nie daarin kon slaag om die momentum van ons soeke na geluk en vervulling te stuit nie.”

Ons almal is inderdaad elke dag op soek na oomblikke van geluk en vervulling. En die uitdaging bly steeds – só beweer die ou kerkvader tereg – dat ons nie sal toelaat dat enige terugslag of teleurstelling ons momentum op ons pad daarheen verbreek nie.

Ons kan daarin slaag, spel hy dit verder uit, wanneer ons leer hoe om werklik lief te hê. Ja, hoe om liefde elke dag met ons lewe uit te druk. So ʼn lewe, vervolg hy, sal mettertyd ʼn besonderse glans en skoonheid verkry, selfs al wil slegte ervarings ons sommige dae van ons vrede beroof.

Want, sluit hy sy goeie raad af, soos Paulus in Efesiërs 5:1 impliseer, is elke dag ʼn geleentheid om ons opnuut aan God oor te gee en só aan Christus se liefde deel te kry.

Here, gee ons vandag weer deel aan u liefde sodat ons elke dag met ʼn gevoel van dankbaarheid kan afsluit. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Koorde vir die Koning

Laat lof weerklink met Christelike musiek

Kamera op die Kruis

Rig ander se fokus op die Here

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.