“Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringstes van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen” (Matteus 25:40).
Daar is min mense wat die belang en waarde van liefde so skerp aangevoel en met soveel oorgawe en geesdrif uitgeleef het as die bekende moeder Teresa.
In een van haar talle uitsprake beklemtoon sy nie net die helende krag van liefde nie, maar ook die diep en onvervangbare behoefte daaraan aan liefde vandag by soveel mense bestaan.
Sy stel dit só: “We can cure physical diseases with medicine, but the only cure for loneliness, despair and hopelessness is love. There are many in the world who are dying for a piece of bread, but there are many more dying for a little love.”
Self het sy nooit gehuiwer om hierdie behoefte aan ʼn bietjie liefde te vervul nie, selfs al het dit beteken sy moes die armstes van die armes en die vuilstes van vuiles omarm, koester en versorg. Want, só het sy geglo, daardeur het sy Christus se eie liggaam aangeraak en versorg.
En vir haar was dit altyd ʼn voorreg en ʼn eer.
Maar dit is waarop die pad van liefde ʼn mens kan neem. Dit moet ons as gelowiges altyd weet.
O Here, leer ons vandag weer u pad van liefde. Ons weet nog so min daarvan. Amen.
Carel Anthonissen