Boodskap vir Vandag

Search

Die vreemde ontsetting van God se genade

Hou dan in gedagte wat julle vroeër was … In dié tyd was julle sonder Christus … sonder hoop en sonder God in die wêreld (Efesiërs 2:11-12).

Wie deur genade gered is, ervaar – volgens Karl Barth – nie net ʼn oorweldigende gevoel van dankbaarheid en bevryding nie.

Hulle beleef ook ʼn vreemde vorm van ontsetting.

Dit is daardie ervaring van verslae skrik, selfs vertraagde skok, omdat jy so pas aan ʼn dodelik gevaar ontkom het. En dit sonder dat jy dit op daardie oomblik besef het.

Barth verwys dan na die legende van ʼn ruiter wat in die nag die toegeyste meer van Constanze in Duitsland oorgesteek het. Hy het dit gedoen sonder om te besef waar hy was. Dit was eers toe hy die ander kant bereik en die mense vir hom vertel van waar hy gekom het dat hy van skrik ineengestort het.

Maar dit is ons situasie as mense, herinner Barth ons, wanneer die son van God se genade oor ons lewe begin skyn en ons skielik ontdek waar ons was. Dan besef ons, in sy woorde:

“I was doomed and miraculously escaped and now I am safe! You ask: ‘Do we really live in such danger?’ Yes, we live on the brink of death. But we have been saved … Look at Jesus Christ on the cross, accused, sentenced, punished instead of us! … This is how God had to deal with us. From this darkness he has saved us.”

Barth sluit dié deel van sy preek af deur daarop te wys dat wie nie iets van bogenoemde ruiter se ontsetting ken nie, waarskynlik nog nie goed begryp wat dit beteken om deur genade alleen gered te wees nie.

Dit is nogal iets om in dié Adventstyd oor na te dink.

Here, hoe min verstaan ons nog van u genade. Maak ons vandag met ontsetting bewus van die donker diepte waaruit U ons gered het. Doen dit sodat ons die bevrydende lig van u genade met groter dankbaarheid kan ontvang en vier. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.