Boodskap vir Vandag

Search

ʼn Gawe om nederig te ontvang

NEEM KENNIS:
Jy ontvang jou dagstukkie net tot 15 Desember 2016 en weer vanaf 9 Januarie 2017. Aan ons vriendekring van meer as 9 000 intekenaars, wens ons ’n vreugdevolle en
sinvolle Kerstyd vol liefde toe.


Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan (Romeine 5:2).

Baie mense wat iewers wonderbaarlik aan die dood ontkom het, kén dit – die skrik- of skokbesef agterna dat jy eintlik nooit moes oorleef het nie.

En tog, genadiglik, is jy steeds hier: lewend, dankbaar en ontsettend verlig!

Presies só – herinner Karl Barth ons in ʼn preek – het God se genade in Christus ons uit die kake van die dood gered, ons soos drenkelinge opgepik en na veiligheid gebring. Eintlik verdien ons die dood en verwerping, maar nou, deur Christus, sê Barth, leef ons. Is ons vergewe en aanvaar.

Christus, jubel Barth verder in sy preek, is die geheim van ons redding. Danksy Hom is die tronkmure waaragter ons weens sonde en skuld geleef het nou afgebreek; ons lyding het tot ʼn einde gekom; die donker magte in en rondom ons het nie meer aanspraak of ʼn greep op ons lewe nie.

Al wat ons nou moet doen, is om ons oë op Christus te hou en sy genade elke dag as ʼn onverdiende gawe te ontvang. In Barth se woorde:

“We cannot produce our salvation. No one can be proud of being saved. Each one can only fold his/her hands in great lowliness of heart and be thankful like a child. Consequently we shall never possess salvation as our property. We may only receive it as a gift over and over again, with outstretched hands.”

Waarom nie sommer nou jou hande oopmaak en hierdie gawe met nederige dankbaarheid ontvang nie? Dit is tog vir jou!

Here, in hierdie tyd van Advent dink ons aan u koms na die aarde. Ons steek opnuut ons hande na U uit. Gee ons vandag weer deel aan u genade. Amen.

Carel Anthonissen

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.