Boodskap vir Vandag

Search

God se vredesdroom

NEEM KENNIS:
Jy ontvang jou dagstukkie net tot 15 Desember 2016 en weer vanaf 9 Januarie 2017. Aan ons vriendekring van meer as 9 000 intekenaars, wens ons ’n vreugdevolle en sinvolle Kerstyd vol liefde toe.


Soos die môreson sal Hy opgaan en uit die hoogte op ons afstraal, om lig te bring aan dié wat in duisternis en in die skaduwee van die dood lewe, om ons voetstappe te rig op die pad van vrede” (Lukas 1:78-79).

Kerstyd is ʼn tyd van vrede.

In die Ou Testament beteken God se vrede – of God se sjalom, soos die Hebreeuse woord lui – ʼn staat van omvattende heling, harmonie en geluk. Dit is ʼn toestand waarin alle gebroke verhoudings – tussen en God en mense, en tussen alles anders wat leef en bestaan – herstel is.

Só herstel dat respek en vertroue begin groei, dat nasies onderneem om saam te sit en praat, dat oorlogspraatjies verdwyn, dat uitbuiting gestaak word, dat die natuur floreer en dat mense mekaar omhels en in die oë kyk.

Ja, selfs die diere begin ontspan en naderkom omdat hulle veiliger voel in ons vredevolle nabyheid.

In ʼn wêreld met ʼn oorvloed korrupsie, geweld en verwoesting klink dit byna te goed om waar te wees. Maar hierdie vredesdroom van God bestaan. Dit het met Christus se koms onder ons deurgebreek en sigbaar geword. Trouens, dít is die pad – só getuig Sagaria in sy lofsang – waarop Christus ons voete vandag wil rig.

Wie dit dan waag om in hierdie Man se voetspore te volg, sal beslis iets van hierdie vrede begin sien en ervaar. Meer nog, hulle sal, soos Hy, ʼn passie vir God se sjalom begin kry.

Waarom anders, vra ek jou, vier ons Kersfees?

Here, rig vandag weer my voete op die pad van vrede wat U gebring het. Amen.

Carel Anthonissen

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.