Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Dit gaan om ʼn leefwyse

“Wees barmhartig soos julle Vader barmhartig is” (Lukas 6:36).

Ludmila Ulitskaya is tans Rusland se bekendste en suksesvolste skrywer.

Haar nuutste boek, Daniel Stein, Interpreter, vertel die ware verhaal van ʼn merkwaardige Poolse Jood, Oswald Rufenstein. In Ulitskaya se verhaal dra Oswald die naam Daniel Stein en sy vertel hoe hy in die oorlogsjare 300 Jode uit ʼn ghetto in die Poolse dorpie Emsk help ontsnap het.

Self sou Daniel in dié jare meermale aan die dood ontkom. Hy was oortuig God het hom gered sodat hy hom daarna tot die Christelike geloof kon bekeer en as priester in Israel kon gaan werk. Hier sou hy bekend word vir sy liefdevolle geaardheid en die vele brûe wat hy tussen mense gebou het.

Oswald Rufenstein, alias Daniel Stein, se blywende bydrae tot die Christendom is sy herinnering aan ons dat die Christelike geloof bowenal ʼn leefwyse of leefstyl is.

Hoe aangrypend druk hy dit in een van sy preke uit: “Each of us present here today is a vessel for receiving the Spirit of the Lord … That is all theology has to tell us. We are not going to be asked about our thought on the Divine nature, but we will be asked, ‘What did you do? Did you feed the hungry? Did you help those in trouble?’”

Later sou hy dit nog mooier sê: “When our land withers and is rolled up like an old carpet, when dry bones arise, we will be judged not by the language we prayed in but by whether we found compassion and mercy in our hearts.”

Dink net watter verskil dit aan ons land en sy mense kan maak as meer Christene vanjaar hierdie woorde ernstig neem.

Gees van God, gee my vandag meer liefde en skep iets van God se beeld in my. Amen.

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.