Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Om slegte herinneringe te besweer

Geliefdes, as ons gewete ons veroordeel – God is groter as ons gewete, en Hy weet alles (1 Johannes 3:20).

In haar mooi boek oor Daniel Stein, die merkwaardige Jood wat later ʼn Christen geword het, vertel die Russiese skrywer Ludmila Ulitskaya ook van sy worsteling.

Daar was veral een nare herinnering uit die oorlogsjare wat sy gewete dikwels gepla en belas het.

Dit was toe Daniel, in sy poging om 20 inwoners van ʼn Poolse dorpie te red, aandadig geword het aan die teregstelling van die sogenaamde dorpsidioot. Dié man was totaal onskuldig, maar moes boet vir ander se verraad. “To this day,” só bely Daniel later teenoor ʼn groep skoolkinders, “that memory is a heavy burden on my heart. It is a terrible memory.”

Oor die jare sou Daniel wel leer om dié slegte herinnering te bedwing en selfs by tye af te skud. Allereers deur sy gedagtes op positiewe herinneringe te rig. Soos toe hy vir die eerste maal verlief geraak het. “There was such a powerful sense of joy at the beauty of a woman, a woman’s charm.”

Maar dit was veral die belofte van God se genade en vergifnis wat elke dag op ons wag waarop hy telkens teruggeval het. In sy woorde: “When a person takes one step towards God, God immediately takes two towards them.”

Miskien sukkel jy vandag met allerlei verwyte en slegte herinneringe. Beproef gerus Daniel Stein se raad of weg.

Here, dankie dat U die nagmerries in my lewe ken en verstaan. Dankie veral vir die belofte van u groot liefde en blywende vergifnis waaruit ek vandag weer kan gaan leef. Amen.

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.