Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word” (Matteus 9:9).
Ongeduld en aggressie kenmerk ons moderne samelewing.
Aggressie word trouens deur Amos Oz, die Joodse skrywer, as die groot euwel van ons dag beskryf.
Nie alleen is dit, volgens hom, die moeder van alle spanning en konflik tussen mense en volke nie. Dit begin boonop in die hart van die individu. Dáár word dit gebore en gekoester.
Juis omdat dit so waar is, herinner Oz ons daaraan dat ons in dié opsig altyd ʼn keuse het: om die spanning tussen mense te verhoog, óf om tot meer kalmte en vrede by te dra. En daardeur ook – en dit is belangrik – die pyn en lyding wat uit aggressie en konflik voortspruit, te help verlig.
In sy woorde: “The choice whether to inflict pain or not to inflict it; to get personally involved in the healing of pain – this spectrum of choices confront each one of us several times a day.”
As die volgelinge van Christus, die Vredevors, weet ons tog watter keuses ons vandag behoort te maak.
Waar ons vandag ook al beweeg of reis, Here, help ons om keuses te maak wat groter vrede en harmonie tussen mense sal help bring. Amen.
Carel Anthonissen