Boodskap vir Vandag

Search

Die geheim van ons uithouvermoë

Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig end-uit volgehou (2 Timoteus 4:7).

Die goeie wedloop waarmee Paulus gelowiges se lewe vergelyk, het ook ʼn ander belangrike kenmerk.

Dit word gedra en aan die gang gehou deur ʼn aantal sterk en belangrike verwagtings.

Die eerste verwagting – en hieroor skryf Paulus aangrypend in Filippense 1:6 – is dat God die goeie werk wat Hy in ons begin het enduit sal voer.

Hierdie onbegryplike geheimenis wat hom elke dag in ons lewe as gelowiges afspeel, was die groot geheim agter Paulus se merkwaardige uithouvermoë – die feit dat hy te midde van die felste teenstand en terugslae denkbaar nooit tou opgegooi het nie.

Dit was byna asof Paulus, terwyl die hindernisse op sy pad al groter en moeiliker geword het, met nóg meer erns, nóg groter toewyding en nóg meer blydskap God en sy medemens gedien het.

Uiteindelik was dit die wete dat God self in hom werk en hom bly dra wat daartoe gelei het dat Paulus aan die einde van sy lewe byna jubelend kon uitroep: “Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowige end-uit volgehou” (2 Tim 4:7).

Die goeie nuus is dat dieselfde God wat Paulus destyds in sy lewenswedloop onderskraag het vandag deur sy Gees ook in jóú werk.

O Here, ek weet nie aldag hoe om verder te gaan nie. Boonop is ek moeg. Maar, Here, ek hou daaraan vas dat U die werk wat U in my begin het nooit sal staak nie, maar enduit sal voer. Daarin rus my vertroue. Amen.

Carel Anthonissen

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.