Boodskap vir Vandag

Search

Hierop mag ons bly hoop

Laat u werk vir ons duidelik word en u grootheid vir ons kinders. Laat ons die goedheid van die Here ons God belewe (Psalm 90:16-17).

In die wedloop van die lewe is daar ʼn tweede verwagting wat gelowiges kan help om nie moed te verloor nie.

Van dié verwagting hoor ons in Moses se aangrypende gebed in Psalm 90.

Oorweldig deur die besef van sy nietigheid en onwaardigheid voor God, hoor ons die psalmdigter skielik pleit dat die Here sy werk en grootheid tog duidelik en sigbaar sal laat word. Só sigbaar dat die mens en sy nageslag uiteindelik daarvan sal kan getuig dat hulle God se liefde en goedheid eerstehands ervaar het.

En dat daar ʼn nuwe blydskap in hulle opgevlam het.

Vir mense wat nie in die bestaan van God glo nie, of wat in hulle nood dikwels voel hulle gebede bly onbeantwoord, is hierdie versugting om God se werke te sien en te ervaar dikwels problematies, selfs vergesog en nodeloos.

Tog durf ons hierdie verwagting nooit prysgee nie. Trouens, lank gelede het Plotinus ons in Die Enneads reeds daaraan herinner dat hierdie wêreld vol tekens is, en dat dié wat wys is dit sal kan sien.

Hierop mag ons, soos die psalmdigter, bly hoop. Solank ons ook weet dat God ʼn geheimenis bly wat ons nooit met ons beperkte verstand sal kan peil of met ons vroomheid sal kan manipuleer nie.

Here, soos Moses destyds, bid ons vandag: Laat u werk vir ons duidelik word. Laat ons u goedheid beleef. Amen.

Carel Anthonissen

 

 

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Koorde vir die Koning

Laat lof weerklink met Christelike musiek

Kamera op die Kruis

Rig ander se fokus op die Here

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.