Boodskap vir Vandag

Search

God se son skyn oor almal

“Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en dié wat verkeerd doen” (Matteus 5:45).

In Matteus is daar ʼn dieper rede waarom ons as God se kinders geroep word om die pad te loop waarop ons ons vyande leer liefkry.

Dié rede is dat God sy son van goedheid oor alle mense, goeies en slegtes, laat skyn. Ook laat God sy reën van genade uitsak oor hulle wat reg doen en hulle wat verkeerd doen.

Behalwe dat dit beteken ons moet versigtig wees om mense, wie hulle ook al is, die goedheid en guns van God te misgun, beteken dit ook iets anders. Dit is dat God lank reeds met ander mense besig is op maniere wat ons nooit sal kan peil of raai nie.

Presies dié wete moet ons motiveer om elke dag op die uitkyk te wees vir God se sonkolle in ander se lewe, soos ons dit kan noem, selfs al is hulle ons vyand.

Iemand het hierdie wonderlike waarheid só verwoord: “Wie ander benader, maak nie saak wie hulle is nie, moet altyd weet hulle betree heilige grond. Want lank voordat jy besluit het om daarheen te gaan, was God al daar.”

Die paaie na ons vyand se lewe is inderdaad reeds oopgestel en vindbaar. Ons moet dit net gaan soek en vind.

Here, dat U U oor almal ontferm, is vir ons meestal te swaar om te begryp. Hoe kan U misdadigers, verkragters en moordenaars verduur? Help ons vandag om bokant ons woede uit te styg en die weg van deernis, begrip en liefde ook na hierdie mense te vind. Amen.

Carel Anthonissen

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.