Boodskap vir Vandag

Search

ʼn Gerypte lewe

God wat gesê het: “Laat daar lig skyn uit die duisternis,” het ook in ons harte ʼn lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal (2 Korintiërs 4:6).

Onlangs lees ek hierdie pragtige opmerking van ʼn ou monnik.

“Nothing is more beautiful than a face made transparent by a whole lifetime of sorrows and joys, of combats and of inner peace.”

Ek is seker julle het al sulke gesigte in julle lewe gesien – ouer gesigte wat steeds straal met die lig van kalmte en wysheid. ʼn Wysheid wat gevorm is deur die spreekwoordelike vuur.

Dit is daardie oomblikke van aanvegting en teleurstelling wat jou geloof tot die uiterste toe kan beproef. Maar waarin jy ook, dikwels ná lang nagte van vertwyfeling en wroeging, tot groter geduld, aanvaarding en veral liefde kon kom. ʼn Wysheid waarin jy, soos Paulus, geleer het dat God se genade genoeg is. En dat jy daarin kan rus.

ʼn Lewe wat só deur God se genade gevorm is, staan ook bekend as ʼn gerypte lewe.

Dit is ʼn lewe waardeur die lig van God se genade elke dag skyn. Só skyn dat mense dit op ons gesigte kan sien.

Here, dankie vir u genade wat oor ons skyn. Help my om so daarna te draai dat dit ook op my gesig sigbaar sal wees. Amen.

Carel Anthonissen

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.