Boodskap vir Vandag

Search

Om jou verlore potensiaal te herwin

As hierdie man nie van God was nie, sou Hy niks kon doen nie (Johannes 9:33).

Behalwe dat die blinde man wat deur Jesus genees is iets van God in Jesus herken het, is daar ʼn tweede belangrike ding wat met hom gebeur het.

Willem Nicol stel dit so mooi in sy boek Die dieper dors: Die blinde man het sy verlore potensiaal as mens herwin.

Hy ontdek homself as ʼn geliefde van God. Hy sien, waarskynlik vir die eerste keer in sy lewe, sy unieke plek en taak in die wêreld raak. Oornag word sy lewe ʼn kanaal waardeur God se liefde na ander mense begin vloei – ʼn verhoog of platform waarop God sy groot werke vir ʼn stukkende en smagtende wêreld kan uitstal.

En dit alles gebeur deur hom.

Dit is die verbasende aspek van dié man se lewe. Hy wat ʼn patetiese bedelaar op straat was, verander oornag in ʼn waardige voorspraak vir Jesus. Iemand wat hom nie langer laat intimideer of rondstoot deur die gesienes van die samelewing nie, maar wat met selfvertroue en vrymoedigheid begin getuig van die lig wat Jesus in sy lewe gebring het.

Dit is waarskynlik die belangrikste wat met ons in hierdie lewe kan gebeur: dat ons oë, soos in hierdie man se lewe, deur Christus oopgemaak sal word om ons waarde, potensiaal en roeping as mens te besef.

Mag ek dan vra: Het dié lig al in jou lewe deurgebreek?

Here, open tog vandag ons oë sodat ons ons waardigheid as mense kan raaksien en dit met vrymoedigheid kan omhels. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.