Boodskap vir Vandag

Search

In die kring

Walter Brueggemann, ʼn Ou-Testamentikus, herinner ons dat Lydenstyd ʼn tyd van eerlikheid is (“a season of honesty”). Dit beteken dan seker iets soos die splinter en die balk (Matt 7:3). Of die besef dat in ’n verhouding die ander persoon nie noodwendig die probleem is nie, maar jy self.

Eerlikheid in Lydenstyd is die insig om die dinge wat ander doen en wat jy oordeel, te erken as dinge waartoe jy self ook die potensiaal het. In Jesse Kellermann se boek The executor ontmoet die leser ’n jong filosoof wat aanvanklik baie positief en amper naïef-onskuldig oorkom. Iets kom egter oor sy pad en ná die eerste helfte van die boek versnel die tempo en binne ’n oogwink is hy vir twee mense se dood verantwoordelik. Dié boek laat ’n mens besef: Niemand staan buite die kring van sondaars nie.

Lydenstyd is nie ’n tyd vir blinkpoets nie, maar vir eerlikheid. Miskien maak eerlikheid ons meer vry as toeplak en voorgee. Die nagmaal is tog vir dié wat in hulle eerlikheid na Christus se vryspraak verlang.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe teen die prys van ’n koppie koffie

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.