Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Om ons vryheid te vier

“Wanneer Ek julle grafte oopmaak en julle laat uitkom, my volk, sal julle besef dat Ek die Here is. Ek sal my Gees in julle laat kom sodat julle kan lewe” (Esegiël 37:13).

Esegiël 37:1-14 suggereer sterk dat die hervorming van ʼn land by die vernuwing van God se volk begin.

Net soos Christus ná sy opstanding sy dissipels geroep en geïnspireer het om die nuwe lewe in Hom aan te kondig en uit te leef, net so sou die herstelde en bevryde volk van Esegiël hulle God as Heer van alles en almal herken en bely.

Is dit dan nie wat God by monde van Esegiël verklaar nie? “Wanneer Ek julle grafte oopmaak en julle laat uitkom, my volk, sal julle besef dat Ek die Here is. Ek sal my Gees in julle laat kom sodat julle kan lewe” (v 13).

Om, vervul met God se Gees, God as Here te erken en te bely is nie so maklik nie. Veral nie in ʼn samelewing waar God se Naam gesmaad word en grypsug oorheers nie. Om God se eer in so ʼn omgewing te bly soek, verg altyd moedige en dapper optrede.

Allereers sal ons moet toelaat dat God se Gees ons persoonlik aanraak en tot ʼn lewe van groter nederigheid, soberheid en liefde beweeg.

Wie God – en Christus – as Here bely, sal ook gedring word om voortdurend teen onreg en korrupsie op te staan. Ja, teen alles en almal wat in die pad staan van die Gees wat ware lewe wek.

Só kan ons as kinders van die opstanding ons vryheid herwin en vier.

Kom, Heilige Gees, inspireer en beweeg ons sodat ons waardige draers van Christus se liefde en geregtigheid kan wees. Amen.

Carel Anthonissen

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.