Boodskap vir Vandag

Search
Close this search box.
Search

Komberse uit die hemel

Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg (Jakobus 3:17).

Jakobus is ʼn wysheidsboek. En in hoofstuk 3 fokus Jakobus op wysheid en dwaasheid, net soos ons dit in die boek Spreuke vind.

Jakobus sê die wysheid van bo is suiwer, maar dit is ook vredeliewend, bedagsaam, inskiklik, vol deernis en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins.

En dan sê Jakobus iets wat ons so maklik vergeet. Hy sê dit is dwaas, eintlik ʼn bietjie simpel, om vir iemand wat ons sien honger ly te gaan sê: “Gaan in vrede, word warm en word versadig,” maar ons self gee nie vir hulle wat hulle in hulle nood nodig het nie (Jak 2:16).

Miskien is dit dan wyser om eerder nie te bid vir mense wat in die winter koud kry nie, in plaas daarvan om te bid en te dink die komberse gaan uit die hemel val.

Nee, wanneer jy bid, moet jy ook luister en doen. Want miskien is die komberse in jou kas.

Here, help my onthou om die kos en kombers uit my kas te gee saam met die woorde: “Gaan in vrede, word warm en versadig.” Amen.

Lisel Joubert

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.