Boodskap vir Vandag

Search

Lof

Prys die Here! Dit is goed om tot lof van ons God te sing, dit is ʼn genot om die loflied te sing wat Hom toekom (Psalm 147:1).

Wat is lof? Wat beteken dit om die Here te loof?

Praise and worship is deesdae die in-ding. En ek dink nogal as ons sê ons “gaan Sondag kerk toe”, mis ons die dimensie van loof en aanbid. In Engels sê mense hulle worship op Sondae, maar in Afrikaans “gaan ons kerk toe”.

Wat is lof dan? Ek dink nie dit is iets sommerso bolangs nie. Dit behels jou hele wese. Figuurlik staan jy op jou tone en jy wil jou hele self vir God gee.

Ek hou nogal van die storie wat Martin Buber oor ʼn rabbi vertel: Ná hulle leier se dood het sy dissipels bymekaargekom en gepraat oor alles wat hy gedoen het. Toe dit rabbi Schneur Zalman se beurt was, het hy vir die ander gevra: “Weet julle hoekom ons meester elke dag met dagbreek na die dam gegaan en ʼn rukkie daar gebly het voordat hy weer huis toe gekom het?” Hulle het nie geweet hoekom hulle meester dit gedoen het nie. Rabbi Zalman het geantwoord: “Hy het die lied aangeleer waarmee die paddas God loof. Dit kos baie, baie tyd om daardie lied te leer.”

Leer my U loof en prys, my Heer. Amen.

Lisel Joubert

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.