Boodskap vir Vandag

Search

Verniet?

“Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook dié wat nie geld het nie, kom, koop en eet” (Jesaja 55:1).

In Jesaja 55 roep God almal om te kom eet en drink. Alles is verniet. Almal kan kom, selfs dié wat nie geld het nie.

Ons leef in ʼn skeptiese tyd. Mense sê: “There is nothing like a free lunch.” Alles het die een of ander fyndruk-voorwaardes wat jy te laat ontdek.

Hier in Jesaja word die Israeliete in ballingskap na ʼn fees genooi. Babilonië gun hulle nie hulle bestaan nie, maar God wil vir hulle lewe skenk. Later in die teks sien ons God gee vir hulle meer as net die basiese dinge soos water; Hy gee ook vir hulle wyn en melk.

Wat wil Hy in ruil hê? Waarskynlik wat ons wil hê van iemand vir wie ons regtig lief is – hulle blote teenwoordigheid.

Jesus het ook ʼn storie oor ʼn fees vertel. Dié wat genooi is, het dadelik verskonings gehad. Toe stuur Hy sy dissipels na die “heggies en steggies” (sê ʼn Nederlandse vertaling). Na dié mense wat ʼn fees sal herken vir wat dit is: ʼn fees. En dit boonop verniet.

Wanneer God ons nooi, kan ons gerus die voorbehoude in ons hart so ʼn bietjie los en spontaan gaan eet en drink en feesvier.

Ek antwoord ja op u uitnodiging, Here. Ek kom eet en drink en vier fees in u teenwoordigheid. Amen.

Lisel Joubert

Vriende van Kerkbode

Raak ’n vriend van Kerkbode

Herinneringe van Hoop

Help om herinneringe te bewaar

Building Bridges

Bridging the gap between prisoners and the community

Maak ’n Dankoffer

Deel jou dankbaarheid deur ’n dankoffer

Hoekstene van Hoop

Bou saam aan geestelike huise

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

Bybels vir Almal

Help om God se Woord in elke huis te bring

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap elke dag

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.